

PERSONEEL
Hoërskool Diamantveld belê in GEHALTE ONDERWYSERS wat behoorlik gekwalifiseerd is vir die vakke wat hul onderrig en wat streef na akademiese uitnemendheid.
BEHEERLIGGAAM
Die beheerliggaam van Hoërskool Diamantveld bedank graag elke ouer, oud-ouer en ondersteuner vir jul betrokkenheid en ondersteuning.
BETALINGS
Betalings kan in kontant, elektroniese bank-oordrag of per debiet-, krediet- of SAMBA-kaart gemaak word. ‘n Debietorder fasiliteit is ook beskikbaar.

Agtergrond
Op 28 Januarie 1935 kom daar in Kimberley ‘n skool tot stand om vir Afrikaanssprekende leerders ‘n tuiste te bied waar hul onbeskaamd hul kultuur kan uitleef en akademiese onderrig, geskoei aan ‘n Christelike karakter en etos, in hul moedertaal kan ontvang.

Fasiliteite
Die skool beskik oor pragtige, goed toegeruste fasiliteite. Benewens die skool se eie gebruik, skep dit die geleentheid om broodnodige, eksterne fondse deur verhurings in te samel.

Uit die Skoolhoof se kantoor
Ouerbrief 6/2020
Beste ouers
Vanjaar het verseker nie aan ons verwagtinge voldoen nie, maar ek wil ek u uit my hart bedank vir u ondersteuning, lojaliteit, positiwiteit, geselsies en deurlopende harde werk. Dit bly ʼn voorreg om te deel in u kind se opvoeding. Ons almal sal beter voorbereid wees op die moontlike uitdagings van 2021 en, met die genade van ons Hemelse Vader, sal ons die storms saam met u hanteer.